LEES OOK: Jamie Foxx gedagvaar vir beweerde seksuele aanranding by New York-kroeg
Met ’n week oor tot Desember se brandstofpryse gefinaliseer word, is die vooruitsigte positief vir beide die petrol- en dieselpryse om met die naderende feesseisoen te daal.
Die jongste data van die Sentrale Energiefonds (SEF) toon dat petrolpryse met sowat R1,05 per liter kan daal, terwyl diesel ‘n verlaging van tot R2,25 per liter kan toon.
Die petrolprysvergelyking het egter die afgelope dae onder druk gekom weens ’n swakker rand, en as dié neiging voortduur, kan die petrolprys se daling slegs iewers tussen 90 sent en R1 wees. Diegene met dieselvoertuie kan uitsien na ‘n veel laer prys met die jongste data wat dui op ‘n prysverlaging van meer as R2,20 per liter.
Die departement van minerale hulpbronne en energie sal die amptelike veranderings aankondig voordat dit op Woensdag 6 Desember 2023 in werking tree.
#Desember #Petrol #Diesel #Afrikaans #Nuus #Newsfeed
Bronne gebruik: BusinessTech; The South African; IOL.



