KZN-wildbewaarder dood na aanval deur seekoei

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Kimberley se water af tot Saterdag

KWAZULU-NATAL. – ’n Wildbewaarder is Sondag deur ’n seekoei aangeval terwyl hy en kollegas op soek was na vermeende wilddiewe wat strikke in die gebied stel. Hy is op die toneel dood terwyl daar op hulp gewag is.

Sphamandla Phiwayinkosi Mthembu (31) en drie kollegas by die Mkhuze-wildreservaat was op die spoor van wilddiewe wat glo strikke in die gebied gestel het om diere te vang.

Die mans het besluit om in verskillende rigtings te gaan. Een van Mthembu se kollegas het binne ’n paar minute ’n geweerskoot gehoor uit die rigting waarheen Mthembu is. ’n seekoei was besig om Mthembu aan te val. Mthembu kon die dier een skoot toedien. Dit is daaarna deur een van Mthembu se kollegas doodgeskiet.

Mthembu het nog gelewe en kon met sy kollegas praat voor hy aan sy beserings beswyk het.

Bronne: Daily Maverick, The Citizen, TimesLIVE

Lees ook: Kimberley se water af tot Saterdag