Lees ook: Parlement stem om Israel se ambassade toe te maak
STRASBOURG, FRANKRYK. – Die polisie en brandbestryders in Strasbourg is Maandagoggend gebel oor ’n voertuig waaruit rook trek.
’n Rooi Renault Clio met ’n gebreekte venster en ’n gat van 50 cm deur die dak is aangetref. Daar was geen insittendes in die voertuig nie.
Die brandweerkaptein het gesê daar was ’n gat van 50 cm deur die voertuig se dak, deur die brandstoftenk en die onderstel van die voertuig. Die vermoede deur die polisie is dat ’n meteoriet die voertuig getref het, alhoewel geen voorwerpe in die voertuig gevind is nie.
’n Klip wat moontlik ’n meteoriet is, is naby die voertuig, gevind maar dit sal eers ontleed moet word.
Bronne: Euronews, Metro, VN Explorer



