Kinders wat in dam speel verdrink

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Eskom loods Afrika se grootste batterystoorstelsel

NGQELENI. – Twee kinders, beide drie jaar oud, het Saterdagaand in die Ngqeleni-dam verdrink.

Die kinders het glo in die water gespeel toe hulle in die moeilikheid beland het. Nog ’n kind wat naby hulle was, het huis toe gehardloop vir hulp. Die twee kinders se liggame is later ontdek waar dit in die dam gedryf het.

Die polisie is besig om die saak te ondersoek.

Ouers word gevra om nie hulle kinders sonder toesig te laat swem of naby water toe te laat nie.

Bronne: SAPS

Lees ook: Eskom loods Afrika se grootste batterystoorstelsel