Voëlklip eis nog ‘n lewe

Deel hierdie storie / Share this story

TUINROETE. – Die berugte Voëlklip, by Heroldsbaai naby George, het Woensdagaand weer ‘n lewe geeïs.

Sers. Christopher Spies sê ‘n lid van die gemeenskap het die polisie in kennis gestel van ‘n voertuig wat om 19:00 by die krans af is.

‘n Soekspan bestaande uit polisieduikers, die NSRI, George-brandweer, nooddienste se soek-en-reddingsdienste (EMS), Wildernis soek-en-reddingsdienste en patologiese dienste is na die toneel ontbied. ‘n Soektog is geloods wat Donderdag met eerste lig voortgesit is.

Die liggaam van ‘n man (33) is Donderdag omstreeks 15:10 uit die water gehaal. ‘n Naasbestaande het die oorledene op die toneel geïdentifiseer, maar ‘n formele uitkenning moet nog plaasvind.

George-polisie het ‘n geregtelike doodsondersoek geregistreer.

‘n Nadoodse ondersoek sal gedoen word om die oorsaak van die man se dood te bepaal.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel