Twee babas drywend in drein gevind

Deel hierdie storie / Share this story

WES-KAAP. – Die liggame van twee pasgeborenes is Sondag in ‘n drein in Wallacedene- informele nedersetting gevind.

Adj.off. Joseph Swartbooi sê polisie het op ‘n klagte reageer en die babas se liggame drywende in water gevind. Die polisie se duikeenheid het die liggame uitgehaal, waarna beide dood verklaar is.

‘n Doodsondersoek is deur die Kraaifontein-polisie geopen.

Enigiemand met inligting oor die babas word versoek om die polisie onverwyld te kontak.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel