Standard Chartered Bank gaan ook teen ander banke oor gekonkel getuig

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Wetsontwerp vir privaat gebruik van dagga aanvaar

Die Standard Chartered Bank het gister erken dit en 27 ander banke het die mark tussen 2007 en 2018 gemanipuleer. Standard Chartered Bank is R42.7 miljoen deur die Mededingingskommissie beboet. Hulle het ingestem om die boete te betaal.

Die Mededingingskommissie se ondersoek het begin na aantygings dat die banke saamgewerk het om met valutatransaksies te konkel wat die Suid-Afrikaanse rand teen die dollar beïnvloed het.

Die banke het glo ook “saamgewerk om mekaar te help deur ’n handelaar met ’n ooprisiko-posisie toe te laat om aandeletransaksies voor ander te voltooi en om likwiditeit te manipuleer”.

Banke wat in die skema genoem is, sluit in Barclays Africa (nou Absa), BNP Paribas, BNP Paridas South Africa, Citi Group Inc, Investec Ltd, Citigroup en Standard New York Securities Inc. Citibank het reeds in 2017 ‘n skikkingsooreenkoms met die Mededingingskommissie bereik.

Die banke staan die voortsetting van die saak teen hulle in die Mededingingsappèlhof teë.

Bronne: IOL, News24, EWN

Lees ook: Wetsontwerp vir privaat gebruik van dagga aanvaar