Italiaanse moordenaar uit tronk vrygelaat weens ‘swak dieet’

Deel hierdie storie / Share this story

LEES OOK: Man in hegtenis geneem ná beweerde kaping in Blue Downs, Kaapse Vlakte

’n 35-jarige Italiaanse man wat sy meisie 57 keer gesteek het ná ’n argument oor broodkrummels, is uit die tronk vrygelaat weens ‘n “swak dieet” in die tronk. Dit volg nadat ’n Italiaanse hof beslis het die hoëkaloriedieet wat in die fasiliteit bedien word, kan hom doodmaak. 

Volgens die New York Post het Dimitri Fricano sy 25-jarige vriendin Erika Preti wreed vermoor terwyl die twee in 2017 in Sardinië vakansie gehou het. Hy het sowat 120 kilogram geweeg toe hy in 2019 vir 30 jaar tronk toe gestuur is. Weens vertragings wat deur die Covid-19-pandemie veroorsaak is, het hy eers in April 2022 sy vonnis begin uitdien.

Nou het die Turynse toesighof Fricano op mediese gronde vrygelaat na net ‘n jaar agter tralies. Die hof het opgemerk Fricano se gewig het in net een jaar tot 200 kg gestyg.

Die hof het verlede week beslis Fricano kan nie meer agter tralies bly nie, omdat hy “onversoenbaar is met die tronkregime” weens sy swaar gewig, wat dit vir hom moeilik maak om sonder ‘n rolstoel of krukke oor die weg te kom. Hy is ook ‘n strawwe roker, het die hof opgemerk. Verder het die regters in Italië verklaar die 35-jarige se opsluiting stel ook sy lewe in gevaar omdat tronkbeamptes nie die laekaloriedieet kan verskaf wat hy nodig het om die ekstra gewig te verloor nie. Fricano sal nou die res van sy vonnis onder huisarres by sy ouerhuis naby Milaan uitdien, waar hy ‘n behoorlike dieet kan volg, het die hof gesê.

#ItaliaanseMan #Moordenaar #Vrygelaat #Tronk #Afrikaans #Nuus #Newsfeed

Bronne gebruik: DailyMail; IOL; NDTV World.