GAUTENG. – Gauteng-polisie bied ‘n beloning aan vir inligting wat tot die inhegtenisneming en suksesvolle vonnis van ‘n man sal lei wat met 42 beweerde sake van verkragting gekoppel word.
Die polisie sê die man op die foto kan moontlik met inligting van die sake help.
Die gewapende verdagte is meestal in Orlando, Diepkloof en Soweto bedrywig waar hy slagoffers glo oorval, geld en selfone eis en dan seksueel aanrand. Hy sal sy slagofers na bewering in strate, huise, winkels en areas van vermaak nader en na verlate areas lok, waarna hy die misdade pleeg.
Enigiemand met inligting oor waar om die man in die foto op te spoor, kan sers. Ramathavhana by 079 890 7696 bel.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



