Lees ook: Petisie vir vroeër salarisbetaling vir Swart Vrydag
BLOEMFONTEIN. – Daar was vanoggend vroeg ’n transitorooftog in Bloemfontein.
Die polisie het inligting oor ’n skietery in Millstraat ontvang. Drie sekuriteitswagte het hulle wapens verloor en geld is gesteel na hulle voertuig van die pad afgery is deur die verdagtes op die hoek van Mill en Vooruitsigstraat.
Niemand is in die voorval beseer nie. Die polisie het gevra enigiemand met inligting moet hulle kontak.
Bronne: SAPS
Lees ook: Petisie vir vroeër salarisbetaling vir Swart Vrydag



