Beurtkragskedule vir die week

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Pro-Israel protes in Kaapstad deur pro-Palestina betogers onderbreek

Eskom het aangekondig die beurtkragskedule sal vandeesweek tussen fases 1, 2 en 3 wissel.

Fase 1-beurtkrag is gister vanaf 16:00 tot vanoggend 05:00 ingestel. Fase 2-beurtkrag was vanaf 05:00 tot 16:00 van krag. Daarna geld fase 3-beurtkrag vanaf 16:00 tot 05:00 môreoggend.

Die skedule sal die res van die week tussen die drie fases wissel. Eskom het gesê hulle sal enige veranderinge aankondig. Die beurtkrag is ’n gevolg van ‘n tekort aan opwekkingskapasiteit.

Bronne: BusinessTech, EWN, The Citizen

Lees ook: Pro-Israel protes in Kaapstad deur pro-Palestina betogers onderbreek