Lees ook: KYK: Hamas-wapenhoof dood in Israelse lugaanval
Die minister van arbeid en indiensneming, Thulas Nxesi, is daarvan beskuldig dat hy wou hê een van sy departement se kontrakteurs moes hom R500 miljoen omkoopgeld betaal.
Die volg na die hoof van Thuja Capital Fund, Mthunzi Mdwaba, aantygings teen Nxesi gemaak het en gesê het owerhede het namens drie kabinetslede probeer om R500 miljoen van R5 biljoen wat aan sy maatskappy sou gaan, by hom te kry.
Mdwaba het die minister van finansies, Enoch Godongwana, en die minister van hoër onderwys, Blade Nzimande, as die ander twee lede genoem. ANC-sekretaris-generaal Fikile Mbalula is ook by die skandaal geïmpliseer.
Nxesi het gister gesê die R5 biljoen is nie aan Mdwaba se besigheid gegee nie en Mdwaba val hom nou al vir meer as twee jaar aan na hy van sy posisie in die Internasionale Arbeidsorganisasie onttrek is. Die ander ministers het ook die bewerings ontken.
Die ANC het ’n saak van crimen injuria teen Mdwaba na sy aantygings gemaak.
Bronne: IOL, Cape Talk, The Citizen