Man en vrou wat buite hof geskiet is, was getuies

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Veranderinge vir WhatsApp

RANDBURG. – Die polisie het bevestig ’n man en vrou wat gister buite die Randburg-landdroshof doodgeskiet is, was getuies in ’n aanrandingsaak teen polisiebeamptes.

Twee buitelanders is gister buite die hof doodgeskiet. Hulle was die hoofgetuies in ’n aanrandingsaak teen vier polisiebeamptes. Die beamptes is daarvan beskuldig dat hulle die vrou  aangerand het toe sy in aanhouding was vir ’n huisbraak in 2018.

Aanklaers moet op 23 November besluit of die saak kan aangaan.

Die polisie het die selfone en vuurwapens van die polisiebeamptes gevat en het hulle getoets vir kruitreste (gunpowder residue). Die polisiebeamptes wat op borg vrygelaat is, is beveel om hulle samewerking in die ondersoek te bied.

Bronne: eNCA,SABC, EWN

Lees ook: Veranderinge vir WhatsApp