Veranderinge vir WhatsApp

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Caster Semenya-saak na Europese menseregtehof verwys

Daar is vier nuwe veranderinge wat oor die volgende paar weke en maande aan WhatsApp aangebring sal word.

Een van die nuwe kenmerke is ’n alternatiewe profiel. Dit sal gebruikers toelaat om ’n ander foto en naam te gebruik vir kontakte wat nie hulle primêre profielinligting kan sien nie. Dit sal gebruikers meer beheer oor hulle inligting gee.

Nog ’n nuwe kenmerk is channel polls. Die peilings sal op die nuwe kanale kenmerk bygevoeg word sodat gebruikers se menings gekry kan word.

’n Verandering sal op IOS gemaak word sodat gebruikers ’n groepoproep met 32 ander gebruikerskan begin.

WhatsApp-gebruikers sal ook binnekort datums kan gebruik om spesifieke boodskappe met die gebruik van ’n kalender-knoppie te soek.

Bronne: BusinessTech, My Broadband, Android Police

Lees ook: Caster Semenya-saak na Europese menseregtehof verwys