Malaria-gevalle neem toe in Suid-Afrika

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Man en vrou wat buite hof geskiet is, was getuies

Malaria-gevalle in Suid-Afrika is besig om toe te neem met 7 400 gevalle wat tussen Januarie en Oktober aangemeld is. Altesaam 66 mense is tot dusver aan die siekte oorlede.

Die departement van gesondheid het gesê slegs 17% van die malariagevalle is in Suid-Afrika opgedoen. Meer mense het Malaria gekry terwyl hulle in ander lande op reis was.

Die departement het gevra mense moet voorsorg tref teen malaria en dadelik dokter toe gaan as hulle simptome ervaar.

Bronne: IOL, Sunday World, South African Government

Lees ook: Man en vrou wat buite hof geskiet is, was getuies