LIMPOPO. – ‘n Man (26) wat glo Saterdagaand omstreeks 23:00 ‘n minderjarige meisie (5) in Norharm wou verkrag, is deur die polisie vasgetrek.
Brig. Hlulani Mashaba sê die ma van die dogter het na bewering in ‘n ander kamer as sy geslaap. Sy het glo haar dogter om hulp hoor skree en toe sy ondersoek instel, het sy ‘n man, wat aan haar bekend is, by haar dogter aangetref. Beide was glo nakend.
Die verdagte het glo eers die ma gedreig en toe weggehardloop. Die insident is by die polisie aangemeld. ‘n Saak van poging tot verkragting is vir verdere ondersoek geregistreer.
Die verdagte is gesoek en in hegtenis geneem. Hy sal na verwagting binnekort in die Northam-landdroshof verskyn.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



