Weerdiens waarsku oor storms vir dele van Suid-Afrika

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Dodetal in Gaza steek 10 000 verby

Die Suid-Afrikaanse weerdiens het ’n waarskuwing uitgereik vir donderstorms, sterk winde en swaar reën in die sentrale en oostelike dele van die land. Lae temperature word ook vir die grootste deel van die land voorspel.

’n Oranje vlak 5-waarskuwing is vir die Vrystaat, Noord-Wes, Mpumalanga en KwaZulu-Natal uitgereik. Daar is ook gewaarsku oor oorstromings in dié provinsies.

Reën word tot Donderdag in die Wes-Kaap, Mpumalanga, Oos-Kaap en KwaZulu-Natal verwag. Reën vir die Noord-Kaap is ook voorspel.

Bronne: IOL, The Citizen, News24

Lees ook: Dodetal in Gaza steek 10 000 verby