Lees ook: Suid-Afrika herroep diplomate in Tel Aviv
GAZA. – Volgens die VN is die dodetal in Gaza nou meer as 10 000. Die sekretaris-generaal van die VN, António Guterres, het gesê Gaza word “’n begraafplaas vir kinders”.
Guterres en verskeie VN-organisies het weer vir ’n skietstilstand in die oorlog tussen Israel en Hamas gevra.
Die oorlog het uitgebreek na Hamas-militante Israel op 7 Oktober binnegedring en aangeval het. Altesaam 1 400 mense is in die aanvalle dood en 240 gyselaar geneem. Die Israeliese weermag het gister gesê die stad Gaza is heeltemal omsingel na ’n week se gevegte.
Suid-Afrika het hulle diplomate uit Tel Aviv herroep as gevolg van die oorlog.
Bronne: Daily Maverick, The Guardian, The Wall Street Journal



