Lees ook: Pro-Palestina groepe eis uitsetting van Israelse ambassadeur in Suid-Afrika
MANDENI, DURBAN. – Die senior bestuurder in die departement water en sanitasie van die eThekwini-munisipaliteit is Vrydag by sy huis in Mandeni vermoor.
Emmanuel Ntuli was vir byna ’n jaar onder die beskerming van die Durban-metropolisie na hy doodsdreigemente verwant aan sy werk ontvang het.
Ntuli was glo Vrydag op pad huis toe en het vir sy beskermers gesê hulle hoef nie saam te gaan nie. Hy is deur onbekende verdagtes by sy huis doodgeskiet. ’n Kollega van Ntuli in dieselfde departement, Khumbulani Khumalo, is ’n paar weke gelede ook doodgeskiet.
Bronne: IOL, EWN, The Citizen
Lees ook: Pro-Palestina groepe eis uitsetting van Israelse ambassadeur in Suid-Afrika



