Lees ook: Israel-Hamas-oorlog – dodetal styg tot 9 061
SOSHANGUVE. – ’n Vrou (32) wat daarvan beskuldig word dat sy haar man se dood vervals het vir sy lewensversekeringspolisse, is borg geweier.
Lerato Mahlangu is Donderdag borg in die Soshanguve-landdroshof geweier. Sy word aangekla van moord, bedrog en regsverydeling.
Lerato en haar man Sibusiso Mahlangu, haar medebeskuldigde. het glo op 2 Januarie 2022 ’n man doodgemaak en sy liggaam verbrand. Lerato het glo toe ’n doodsertifikaat vir haar man gekry en hulle het sy lewensversekering geëis.
Die paar is op 20 April 2023 in hegtenis geneem na die “dooie” man in besit van ’n gesteelde kar in Hammanskraal gevang is. Met sy inhegtenisneming is bevind hy is as oorlede geregistreer.
Die saak is tot 29 November uitgestel.
Bronne: IOL, EWN, TimesLIVE



