Lulani is 40 jaar oud. Sy is een van die deelnemers aan Boer Soek ‘n Vrou se Seisoen 16.
Sy is van Philippolis in die Vrystaat en boer met beeste en skape.
In die video van DSTV, kykNet, se bekendstelling van hierdie seisoen se boere aan moontlike belangstellende pasmaats, sê Lulani haar voorkeur as gay vrou is reeds in haar eerste jaar op universiteit deur haar ouers aanvaar.
Sy is goed in haar gemeenskap aanvaar en is deel van ‘n gemeenskap wat omgee en daar is vir haar. Sy is op soek na ‘n vrou “wat so bly is om my te sien soos wat my honde is.”
Lulani hou daarvan as iemand opreg en sonder “filter” is. Sy het al Kilimanjaro saam met haar pa uitgeklim en ‘n paar keer die Argus gery, haar ma saam met haar toe sy 60 jaar oud was.
As jy dus volgens Lulani ‘n positiewe denkwyse het en op die plaas kan ingryp en help wanneer dit nodig is, kan jy moontlik aan haar vereistes vir ‘n pasmaat voldoen.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



