Beseerde seun (10) van Tafelberg gedra

Deel hierdie storie / Share this story

WES-KAAP. – ‘n Beseerde 10-jarige seun is Sondagmiddag van Platteklipkloof op Tafelberg (Table Mountain) gedra nadat hy gegly, in doringdraad geval en seergekry het.

David Nel, woordvoerder vir die WSAR (Wilderness Search And Rescue), sê vyf familielede het Sondagoggend vroeg die Platteklipkloof aangedurf om die uitsig van Kaapstad (City of Cape Town) te bewonder.

Na middagete het die familielede weer die pad na onder begin stap en het reeds ongeveer ‘n derde van die roete voltooi toe die 10-jarige stapper in die groep sy been seergemaak en nie verder kon stap nie.

Sy 14-jarige ouboet het volgens die WSAR Platteklipkloof op na die kabelkar (Table Mountain Aerial Cableway) gehardloop en die noodnommer vir hulp gebel. Hy is dadelik weer na sy beseerde broer waar ‘n verbygaande toeris, ‘n Spaanse dokter, die beseerde ondersoek en sy wond versorg het met noodhulpmiddels deur ‘n ander groep stappers voorsien.

Reddingshelpers, professionele persone sowel as vrywilligers, is met die straproete op om by die groep stappers uit te kom. Die jong seun is in ‘n split-coil seat-harnas van tou, wat in foto’s gesien kan word, geplaas en om die beurt deur reddingshelpers tot by die familiemotor berg af gedra.

Hy is deur die familie vir verdere mediese hulp na ‘n hospitaal geneem.

Die WSAR versoek stappers om altyd eerstehulptoerusting op ‘n staptog saam te neem en die noodnommer 021 937 0300 te memoriseer of op hulle fone aan te bring.

“Show your support – https://www.backabuddy.co.za/sos-for-life-saving-equipment and please share the #iamwildernesssafe campaign – to increase safety awareness. Please support us – https://wsar.org.za/support-us/. “

Nel sê die WSAR wil die dokter wat deurentyd by die beseerde jong man gewaak het totdat hulp opgedaag het, asook die verbygangers wat verbande voorsien het, bedank.

“Incidents like this demonstrates both the kindness of the outdoor community, and how important it is to always carry a first aid kit.”

Die beseerde jong man is spoedige beterskap toegewens.

Bron: WSAR

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel