NOORD-KAAP. – Kedibone Schalkwyk (7) van 13148 Moledistraat, Bloemanda in Galeshewe, Kimberley, het gister die woning waar sy in pleegsorg is verlaat om na Laerskool Venu in Roodepan te gaan, maar het nie teruggekeer huis toe nie.
Sers. Timothy Sam sê ‘n maatskaplike werkster het haar biologiese familie wat haar ma insluit, besoek, maar kon haar nie opspoor nie.
Kedibone was in ‘n grys broek, wit hemp en ‘n swart baadjie met pienk blomme geklee.
Enigiemand wat weet waar sy is, kan speur.lt.kol. Marli Strydom van Galeshewe-GKS by 082 495 0618 bel.
Inligting sal vertroulik hanteer word.
Sam wil graag die publiek herinner daaraan dat daar geen wagperiode is om iemand as vermis aan te meld nie.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



