KWAZULU-NATAL. – Polisielede wat Maandagaand omstreeks 23:00 met ‘n operasie besig was, het vier verdagtes wat na bewering mense in die Inanda-omgewing geterroriseer het tydens ‘n oor-en-weer-skietery doodgeskiet.
Brig. Jay Naicker sê ‘n wenk het die polisie na ‘n huis naby Dube Village Mall in Inanda gelei.
Toe polisielede die huis nader, is daar op hulle geskiet, waartydens vier verdagtes noodlottig gewond is.
‘n Polisielid van die nasionale intervensie-eenheid is in die been geskiet. Hy is in stabiele toestand na ‘n hospitaal geneem.
Vier pistole is op die toneel in die oorledenes se besit gevind. Daar word na nog ander verdagtes gesoek. OPOD is vir verdere ondersoek na die toneel ontbied.
Lt.genl. Nhlanhla Mkhwanazi het die lede vir hul optrede tydens ‘n skietery, wat ongeveer 30 minute geduur het geprys, “We will continue to hunt down these ruthless criminals who are terrorising innocent civilians in Inanda. It is quite obvious that they are hell bent on taking down police officers and will not submit themselves to face the might of the law.”
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



