President Cyril Ramaphosa sal vanaand vertrek om die Springbokke in Frankryk te ondersteun.
Vincent Magwenya, die president se woordvoerder, sê die president gaan die Springbokke voor die wedstryd by hul hotel ontmoet om hulle sterkte toe te wens.
Volgens Magwenya is die presidensie oorval deur versoeke om Maandag 30 Oktober as vakansiedag te verklaar indien die Springbokke wen. Die president sal glo so ‘n versoek gunstig oorweeg.
Bron: Pretoria FM
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



