KWAZULU-NATAL. – Twee vermeende huisrowers is Donderdag 19 Oktober omstreeks 01:00 glo in ‘n plaashuis in die Harburg-omgewing doodgeskiet en nog een gewond.
Lt.kol. Nqobile Gwala sê die klaer, ‘n boer, het na bewering geslaap en vier onbekende verdagtes binne sy huis gevind toe hy wakker word.
Hy het hulle gewaarsku om sy huis te verlaat, maar hulle het glo gewelddadig teenoor hom opgetree, waarna hy uit selfverdediging geskiet het.
Gwala sê hy het twee skote afgevuur waartydens hy twee van die verdagtes noodlottig gewond het. Twee ander verdagtes, van wie een gewond, het daarin geslaag om van die toneel te vlug.
Twee messe en ‘n skroewedraaier is by die verdagtes wat dood is, gevind.
Die Harburg-polisie ondersoek klagtes van huisroof en ‘n dubbele moord.
Bron: SAPD
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



