GAUTENG. – Gerhard Gerber (18) en ‘n mede-matriekleerling van Hoërskool Driehoek was Vrydag, nadat hulle hul laaste skooldag bygewoon het, omstreeks 11:00 in Rossini-boulevard in ‘n ongeluk betrokke.
Gerber, wat die voertuig bestuur het, is per helikopter na Alberton Netcare-hospitaal geneem waar hy onder sedasie geplaas is. Hy het breinswelling en sy regterbeen is beseer.
Sy vriend, wat ook beserings in die ongeluk opgedoen het, is per ambulans hospitaal toe geneem en sterk tans tuis aan. Dit word as ‘n fratsongeluk beskryf.
Gerber se familielede het verskeie plasings op sosiale media gemaak:
Nicky Snyman (Gerber se ma): My seun ek sit jou in God se hande want ek weet waar my hulp vandaan kom![]()
Here hierdie moeder hart smeek asb. my God my seun asb. my seun my hart my lewe ek lê hom vanaand by U voete neer asb. Here hy is my enigste seun in Jesus naam Amen ![]()
Gerhard Gerber (Gerber se pa): Aai my Bul nooit in my wildste drome gedink dat ek na so mooi matriekdiens jou in ‘n hospitaal sou kom besoek hier waar jy lê my seun weet ek dis nie waar jy wil wees nie. Seun ek en tannie Johanna glo en vertrou jy sal volkome genees dat ons weer kan gaan jag, gholf speel en net sommer weer op mekaar kan skree. My bul ek’s gebreek maar ek hou vas aan die Woord wat sê “moet nooit my Woord in twyfel neem nie. My Bul ons glo en vertrou alles sal goed verloop Lief jou my Bul
Bianka Gerber Strydom: Boetie…
Help nie eers ek post die boodskap op Facebook nie maar gelukkig weet ek jy gaan hom binnekort kan lees…
My hart bloei om jou so te sien… ons probeer almal baie sterk wees vir jou part en ons weet daai lyf wat jy so gegym het gaan jou def. deurtrek…
Jy is sterk my boetie en jy gaan my nog verbaas soos altyd ek weet…
Die trane vloei elke uur uit my oë uit as ek dink aan hoe jy my gevra het om jou te help want jy het seer… Ek belowe ek het gedoen wat ek kon…
Ek en Wikus Strydom dink aan jou soos ek in jou kamer sit mis ek elke oomblik saam met jou.
Ons weet wie in beheer is… DIE HERE IS GOED…
ONS HET JOU BITTER LIEF BOETIE…
DRUK DEUR CHAMP
Bronne: 90.6 FM News, Krugersdorp Nuus, Vaalweekblad
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



