Graad 3-leerder sterf aan voedselvergiftiging

Deel hierdie storie / Share this story

GAUTENG. – ‘n Gr. 3-seun, leerder van Laerskool Onkgopotso Tiro in Tshepisong in Roodepoort, het Vrydag van voedselvergiftiging by ‘n plaaslike kliniek gesterf. FiND iT het voorheen berig die siek seuns is vir mediese hulp na ‘n kliniek geneem, maar daar was nog geen sterfte rapporteer nie.

Steve Mabona sê die onderwysdepartement in Gauteng is hartseer oor die afsterwe van die seun.

Die twee seuns wat in een klas was, het van maagkrampe gekla, waarna met hulle na Tshepisong-kliniek gehaas is. Een van die seuns het tydens behandeling gesterf, waarna die ander leerling dadelik na Leratong-hospitaal vervoer is. Hy was in ‘n stabiele toestand.

Mabona sê volgens inligting wat verskaf is, het die seuns koekies van ‘n plaaslike spazawinkel gekoop en geeët.

Die departement het medelye teenoor die familie van die oorledene en die skoolgemeenskap uitgespreek en sal die skool ondersteun. Die siek leerder is beterskap toegewens.

Mabona sê die departement kan nie genoeg klem lê vir beheerliggame, ouers en gemeenskappe om waaksaam te wees oor eetgoed wat by skole verkoop word nie. Enige item waarvan die vervaldatum verstryk het, moet aan gesondheids- en polisie-owerhede rapporteer word.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel