Opvolgnuusflits: Pa wat baba ‘verkrag’ bly in aanhouding

Deel hierdie storie / Share this story

NOORDWES. – ‘n Malawiese man (31) wat na bewering Donderdag sy biologiese maand oue babadogter verkrag het, het vanoggend in die Brits-landdroshof verskyn.

Lumka Mahanjana, woordvoerder vir die NVG, sê die saak is tot 3 November uitgestel sodat ‘n tolk vir die saak aangestel kan word. Die verdagte sal in aanhouding bly.

Volgens Mahanjana het die baba tydens die voorval gebloei.

FiND iT het voorheen soos volg berig:

NOORDWES. – Die biologiese pa (31) van ‘n baba van slegs een maand, is Donderdag vir die beweerde verkragting van die kleinding in Krokodildrift-Wes deur Brits-polisiebeamptes in hegtenis geneem.

Kapt. Aafje Botma sê volgens die baba se ma (27) was sy besig om buite hul blykplek kos voor te berei terwyl die pa en baba binne langs mekaar gelê en slaap het.

Na bewering het sy haar baba hoor huil. Sy het gaan kyk en die baba en pa sonder klere aangetref. Die ma het vir hulp geskree en bure het die polisie ontbied.

Die baba is vir ‘n mediese ondersoek in die Brits-hospitaal opgeneem.

Die biologiese pa is as verdagte in hegtenis geneem en sal vandag vir die beweerde verkragting in die Brits-landdroshof verskyn.

Bron: SAPD en NVG

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel