KWAZULU-NATAL. – Polisielede van verskeie eenhede het kokaïen ter waarde van R70 miljoen op ‘n skip wat van Brazilië na Suid-Afrika gevaar het, onderskep. Die kokaïen was in ‘n skeepsvraghouer met verf versteek.
Brig. Athlenda Mathe sê die skip is vir die afgelope maand deur die polisie gemonitor.
Voordat die skip die hawe kon binnevaar, is dit deur verskeie polisie-eenhede wat deel was van die operasie, onderskep.
Beslag is op 20 liter verfhouers gelê waarin 200 blokke kokaïen versteek gevind is.
Polisieminister Bheki Cele het lede namens hom en die polsiebestuur vir die suksesvolle operasie geprys.
“We will continue to stamp the authority of the state, we are strengthening our response and our strategy in dealing with these syndicates”, het minister Cele gesê.
Genl. Fannie Masemola het ook ‘n stuiwer in die armbeurs gegooi toe hy sê, “die Nasionale Safer Festive Season operasies het momentum opgetel.”
“Well done to the team for intercepting these drugs that were hidden in paint. This is only the beginning of our safer festive operations. Just last week we confiscated R75 million worth of counterfeit goods in Cape Town. We will continue to intercept these illicit activities throughout the country. We are heightening and intensifying our fight against crime especially, organised crime syndicates. This particular investigation will focus on the origin and destination of the drugs to ensure we effect arrests.”
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



