Lees ook: KYK: Hospitaal in Gaza aangeval, honderde dood
Duisende regeringwerkers wat in IT werk, is glo van plan om vandag te staak. Sodanige staking kan hospitale, Binnelandse Sake en Sassa-kantore sonder tegniese ondersteuning laat.
Werkers het verlede week ’n kennisgewing aangaande die beplande staking oorhandig en gesê die staking sal aangaan tot hulle eise nagekom word.
Die staking volg na die onderhandeling oor salarisverhogings vir die 2023/24 finansiële jaar in Junie tot stilstand gekom het. Werkers wil ’n verhoging van 7.5% hê, maar die regering bied slegs ’n verhoging van 5% aan.
Bronne: Polity, eNCA, IOL



