Inflasie styg weer, pryse gaan op

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: KYK: Hospitaal in Gaza aangeval, honderde dood

Die verbruikersprysinflasie het weer gestyg en veroorsaak dat die koste van brandstof, kos en gesondheidsorg ook die hoogte inskiet.

Statistiek SA se verbruikersprysinflasie vir September het gewys koste het met 5.4% opgegaan teenoor 4.8% in Augustus.

Die prys van brandstof, vleis, vis, vrugte en nie-alkoholiese drankies het ook almal gestyg teenoor wat dit in September was.

Die prys van brood, pap, suiker, soetgoed, nagereg, groente, melk, eiers en kaas het gedaal, maar die prys van eiers sal ook waarskynlik na die nuutste uitbraak van voëlgriep styg.

Die styging in die prys van mediese produkte was 6.5% in September na dit in Augustus 6.2% was.

Bronne: IOL, The Citizen, Bloomberg

Lees ook: KYK: Hospitaal in Gaza aangeval, honderde dood