Lees ook: EFF-lid dagvaar oor ‘aanranding’ in Brackenfell
SYDENHAM, GQEBERHA. – Die polisie is besig om ’n moord te ondersoek na die liggame van ’n man en sy vrou gister in ’n huis in Sydenham gekry is.
Die inwoners van die huis het die polisie gebel na die ouma van die oorledenes op die liggame afgekom het.
Die liggame van Nolitha Dyosi (49) en Thansanga Dyosi (51) het skietwonde gehad. Nolitha het twee skietwonde aan die bors en maag gehad en Thansanga het ’n skietwond aan die gesig gehad. ‘n Vuurwapen is op die toneel gevind.
Die polisie ondersoek ’n moontlike moord en selfdood.
Bronne: SAPS



