Militante hou 199 gyselaar in Gaza

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Hamas sê gyselaars is dood in Israelse lugaanvalle

GAZA. – Die Israelse weermag het vandag gesê 199 mense word deur Hamas en ander Palestynse militante in Gaza gyselaar gehou. Dit is meer as die aanvanklike getal van 170.

Dit is onbekend hoeveel van die gyselaars is buitelanders, maar hulle families is in kennis gestel.

Ongeveer 3 900 mense is dood na Hamas Israel op 7 Oktober aangeval het. Sowat 1 300 mense is in Israel dood en 2 670 in Palestina. Minstens 9 600 mense is beseer.

Israel het Palestynse burgers aangemoedig om Gaza te ontruim, maar Hamas het gesê hulle moet in hulle huise bly.

Bronne: The Hill, BBC, Hindustan Times

Lees ook: Hamas sê gyselaars is dood in Israelse lugaanvalle