Kyk: Devon Hofmeyr herinner Bheki Cele hy is in sy amp om diens te lewer

Deel hierdie storie / Share this story

NOORDWES. – Devon Hofmeyr het Dinsdag op Brits vir Bheki Cele, die minister van polisie, wat by die optog teen plaasmoorde was vir die ontvangs van ‘n memorandum, herinner hy is in sy amp om ‘n diens aan die gemeenskap te lewer.

Hofmeyr het verder gegaan en gesê die mense is g*tvol en daar word antwoorde gesoek oor plaasmoorde. Hy het gevra wat gedoen gaan word om plaasmoorde te stop.

Voorts het hy gesê indien die polisie nie die boeregemeenskap of gemeenskappe kan beskerm nie, moet mag aan die mense gegee word om dit self te doen. Hy het gevra waar die kommando’s heen is wat plase beskerm het.

“Gatkruip by politici is verby. Veral by Bheki Cele. Ons soek antwoorde. En as dit nie aan ons gegee kan word nie, sal ons die probleem self uitsorteer. Maak ‘n besluit. En vinnig.”

FiND iT het kommentaar van die polisieminister se woordvoerder gevra, maar ten tyde van publikasie is nog nie tterugvoer ontvang nie.

Bron: Devon Hofmeyr

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel