Hier is die Springbok-span vir die Rugbywêreldbeker-kwarteindstryd teen die Hane

Deel hierdie storie / Share this story

LEES OOK: Die Springbokke is byna R3 biljoen werd

Die Springbok-span vir Sondag se kwarteindstryd van die Wêreldbekerrugbytoernooi teen Frankryk is bekend gemaak. Die Bokke het hierdie keer ‘n meer konvensionele vyf-drie verspreiding tussen die voorspelers en agterspelers op die bank gekies.

Nienaber het Manie Libbok as losskakel gekies, met 2019 Wêreldbeker-wenner Handré Pollard wat op die bank aangewys is. In ‘n verrassende skuif sal Cobus Reinach op skrumskakel voor Faf de Klerk begin. Die ervare Duane Vermeulen begin ook op nr. 8 voor Jasper Wiese.

Hier is die span vir hierdie naweek se wedstryd:

15 = Damian Willemse

14 = Kurt-Lee Arendse

13 = Jesse Kriel

12 = Damian de Allende

11 = Cheslin Kolbe

10 = Manie Libbok

9 = Cobus Reinach

8 = Duane Vermeulen

7 = Pieter-Steph du Toit

6 = Siya Kolisi (kaptein)

5 = Franco Mostert

4 = Eben Etzebeth

3 = Frans Malherbe

2 = Bongi Mbonambi

1 = Steven Kitshoff

Plaasvervangers:

16 = Deon Fourie

17 = Ox Nche

18 = Vincent Koch

19 = RG Snyman

20 = Kwagga Smith

21 = Faf de Klerk

22 = Handre Pollard

23 = Willie le Roux

“Ons het sedert 2018 met die meeste van hierdie spelers gewerk en ons het ’n groep gebou wat in staat is om ons titel te verdedig,” het Nienaber gesê. “Ons glo hierdie groep sal ons die stukrag gee wat ons nodig het teen ‘n kwaliteit Franse span wat voor ‘n passievolle tuisskare sal speel.” Nienaber het gesê hy geniet die vooruitsig om die gashere by een van die wêreld se ikoniese rugbystadions teë te staan.

“Ons weet die wedstryd gaan so intens soos verlede jaar wees, indien nie meer intens nie. Ons het ‘n rooi kaart gehad in daardie wedstryd (die Bokke het 30-26 teen Frankryk in Marseille verloor), maar ons het steeds ‘n kans gehad om te wen met drie of vier minute oor, so dissipline sal weer belangrik wees en ons sal ons goeie dissiplinêre rekord moet handhaaf,” het Nienaber gesê.

Sondag se kragmeting skop om 21:00 af.

#Springbokke #Rugby #RWC #Afrikaans #Nuus

Bronne gebruik: News24; PlanetRugby.