Man verkoop ma se as op Facebook

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: NVG sê laat vaar van aanklagtes teen beskuldigdes in Bester-saak deel van strategie

‘n Paar gewilde TikTokkers het iemand ontdek wat sy ma se as op Facebook verkoop en het besluit hulle moet dit hê. Lauren Eliza en Mark het die advertensie van ’n man wat sy ma sê as vir $30 verkoop in September gesien.

Die verkoper het gesê hy het ’n kopie van die verassingsertifikaat, maar die storie oor hoekom hy sy ma se as verkoop sal ekstra kos.

Mark het die as gekoop en vir Lauren gestuur. Mark het die verkoper ondervra oor hoekom hy sy ma se as verkoop het.

Die verkoper, genaamd Chris Brown, het gesê sy verhouding met sy ma was nie die beste nie en haar teenwoordigheid, selfs dood, het hom onrustig gemaak. Hy het besluit om “haar” te verkoop en het nou vrede gevind.

Bronne: NY Post, Insider, The Courier Mail

Lees ook: NVG sê laat vaar van aanklagtes teen beskuldigdes in Bester-saak deel van strategie