Lees ook: Oliepryse styg na Hamas-aanval
MOKWAKWAILA, TZANEEN. – Die liggame van ’n man en vrou is Saterdag in die bosse in Mokwakwaila gevind.
Die vrou se liggaam was op die grond met oop wonde aan haar voorkop en bloeding om die neus en ore. Die man se liggaam het aan ’n boom gehang. Gilbert Rabothata (70) se seun het die paar se liggame gekry toe hy na hulle gaan soek het. Die vrou is identifiseer as Rabothata se verloofde, Pulane Moremi.
Die polisie ondersoek die saak en het gesê die moontlikheid van gesinsgeweld kan nie geïgnoreer word nie.
Bronne: IOL, TimesLIVE, The Africa, VN Explorer
Lees ook: Oliepryse styg na Hamas-aanval



