KWAZULU-NATAL. – ‘n Man is vroeër vanoggend in Buffelsdraai doodgeskiet op die agtersitplek van ‘n wit BMW aangetref.
Reaction Unit South Africa sê die ongeïdentifiseerde man, wat deur ‘n verbyganger ontdek is, het verskeie skietwonde aan sy kop en lyf gehad – twee in sy kop en een in sy rug. Die oorledene het oor die agtersitplek gelê.
Verulam-polisie was op die toneel vir die nodige ondersoek, maar die motief vir die skietvoorval is tans nog onbekend.
Tydens die nagaan van die voertuig se registrasienommer is gevind die voertuig behoort aan ‘n persoon wat in Umbilo woonagtig is.
Reaction Unit South Africa sê verlede Woensdag het reaksiebeamptes ongeveer 200 meter van vanoggend se toneel ‘n ander man met ‘n skietwond in sy rug langs ‘n rivier gevind, nadat kinders op hom afgekom en dit by hulle aangemeld het.
Bron: Reaction Unit South Africa
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



