‘Dronkbestuurder’ ry in pensioenaris se huis vas

Deel hierdie storie / Share this story

KWAZULU-NATAL. – ‘n Beweerde dronkbestuurder het Vrydagaand met ‘n bakkie in die huis van ‘n pensioenaris (73) en haar dogter in Edmund Morewoodstraat in Truolands vasgery en skade aan die struktuur veroorsaak.

Reaction Unit South Africa sê reaksiebeamptes het ‘n groot skare mense op die toneel aangetref. Die bestuurder van ‘n bakkie is daarvan beskuldig dat hy roekeloos bestuur het terwyl hy glo onder die invloed van alkhohol was.

Beide die pensionaris en haar dogter het tydens die voorval geslaap en het nie beserings opgedoen nie.

Die bestuurder van die bakkie is in hegtenis geneem en by die Tongaat-polisiestasie aangehou.

Bron: Reaction Unit South Africa.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel