Oscar Pistorius se parool – KD bestudeer eers hofbevel

Deel hierdie storie / Share this story

Oscar Pistorius het hom na die konstitusionele hof oor moontlike parool gewend. Die konstitisionele hof het vandag in Pistorius se guns beslis. Volgens berekeninge moes hy al vroeër vanjaar, in Maart, toe hy reeds die helfte van sy vonnis uitgedien het, vir parool in aanmerking gekom het.

Singabakho Nxumalo, die woordvoerder van korrektiewe dienste, sê die departement het ‘n bevel van die konstitusionele hof ontvang vir die behoorlike interpretasie van die appélhof se uitspraak van 24 November 2017.

Nxumalo sê die bevel gaan oor ‘n vonnis wat opgelê is, die effektiewe datum en die impak van die berekening van die minimum aanhoudingstydperk wat Pistorius tans steeds uitdien.

“Die departement bestudeer die bevel en sal binnekort ‘n uitspraak oor die pad vorentoe lewer. Die departement sal vereker dat die hofbevel op die korrekte wyse uitgevoer word.”

Bronne: Departement van Korrektiewe Dienste en Lekker FM

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel