Name van oorlede Lohatla-weermaglede bekend

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Ses weermaglede oorlede toe veldbrand versprei

LOHATLA, NOORD-KAAP. – Die Suid-Afrikaanse weermag het die name van die ses weermaglede wat Vrydag oorlede is na ’n veldbrand versprei het, bekend gemaak.

Die oorlede lede is identifiseer as: s.sers. Abraham Desember Morajane, s.sers. Sipho Berrington Cele, kpl. Sithembiso Wiseman Ndwalane, kpl. Noxolo Faith Ngubane, o.kpl. Prince Michael Mthethwa en o.kpl. Londiwe Purity Zulu.

Drie ander weermaglede het tweedegraadse brandwonde opgedoen en nog lede is beseer.

Die veldbrand het by ‘n myn begin en is deur ‘n sterk wind na die weermagopledingbasis versprei.

Bronne: IOL, News24, SABC

Lees ook: Ses weermaglede oorlede toe veldbrand versprei