Erge weerwaarskuwings uitgereik na hittegolf

Deel hierdie storie / Share this story

LEES OOK: SA het die sewende hoogste vlak van georganiseerde misdaad ter wêreld

Na die stygende temperature tydens ‘n hittegolf in Gauteng, die Vrystaat en Noordwes, is inwoners nou gewaarsku om hulself vir erge storms en ‘n risiko van brande gereed te maak.

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) het ‘n vlak 2-waarskuwing uitgereik vir erge donderstorms, met moontlike sterk en skadelike winde en groot hoeveelhede klein hael oor die oostelike dele van die Vrystaat en die sentrale en suidoostelike dele van Noordwes.

’n Waarskuwing is ook gerig vir “uiters hoë brandgevaartoestande” in die westelike en suidelike dele van Noordwes, dele van die Vrystaat, die noordelike en noordoostelike dele van die Noord-Kaap en die uiterste suidwestelike dele van Gauteng. Verlede week het die binneland van die land snikhete hittegolftoestande ervaar. Die SAWD het gesê die hittegolwe word vir etlike dae in Noordwes, die Vrystaat, Gauteng, Mpumalanga, Limpopo en die Noord-Kaap ondervind.

#Weer #Hittegolf #Nuus

Bronne gebruik: News24.