Tupac is ‘uit wraak vermoor’

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Man in hegtenis vir moord op Tupac Shakur in 1996

LAS VEGAS, VSA. – Die voormalige bendelid wat aangekla is van die moord op die kletsrymer Tupac Shakur in 1996 het Woensdag sy eerste hofverskyning gemaak.

Duane “Keffe D” Davis (60) is verlede week in hegtenis geneem vir die moord op Tupac Shakur. Owerhede het gesê Davis het Shakur se moord beplan na Shakur en sy vriende Davis se neef aangerand het. Daar is beeldmateriaal van Shakur en sy vriende wat Davis se neef, Orlando Anderson, aanrand slegs ure voor Shakur se skietdood.

Dacis en drie ander het Shakur glo vier keer geskiet in ‘n verbyryskietery. Dit is onbekend wie die sneller getrek het. Die ander mense wat saam met Davis in die voertuig was, is oorlede.

Die saak is vir twee weke uitgestel vir Davis om te besluit op ‘n pleitooreenkoms.

Bronne: Daily Voice, The Paper, The Daily Beast

Lees ook: Man in hegtenis vir moord op Tupac Shakur in 1996