Man in hegtenis vir moord op Tupac Shakur in 1996

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Senzo Meyiwa-moordsaak gaan voort

LAS VEGAS, VSA. – ’n Man is Vrydag in hegtenis geneem vir die moord op kletsrymer Tupac Shakur in 1996. Shakur (25) is in 1996 vier keer geskiet in ’n verbyryskietery terwyl hy by ’n boksgeveg op die Las Vegas-boulevard was.

Die voormalige bendeleier, Duane “Keffe D” Davis (60), is in hegtenis geneem op een aanklag van moord na sy vrou se huis in Julie deursoek is.

Davis het glo voorheen erken hy was daar toe Shakur geskiet is en het dit sien gebeur. Die ander mense wat glo by die moord betrokke was, is oorlede. Die polisie het gesê Davis het die skietery beplan na sy neef en Shakur ’n argument by ’n casino gehad het.

Davis sal na verwagting die week in die hof verskyn.

Bronne: 702, The Telegraph, CBS News

Lees ook: Senzo Meyiwa-moordsaak gaan voort