Kinders ontdek liggaam van man wat geskiet is langs rivier

Deel hierdie storie / Share this story

KWAZULU-NATAL. – Vyf kinders tussen die ouderdomme van 13 en 15 het Woensdag die liggaam van Sboniso Ntinga (21), wat eers as onbekend aangemeld is, langs die rivier in Buffelsdraai ontdek.

Reaction Unit South Africa sê die kinders, wat van hulle huise na die swembad in Lotusville gestap het, het by hul hoofkwartier aangemeld nadat hulle op die man se liggaam afgekom het.

Die kinders wat die ontdekking aan ‘n groep volwassenes probeer rapporteer het, is glo afgejak, waarna hulle ses kilometer gestap het om by die hoofkwartier uit te kom.

Reaksiebeamptes is deur die kinders na die toneel beduie waar die oorledene op sy maag met ‘n skietwond in sy lae rug gelê het. Rigor mortis het reeds ingetree.

Later die middag het ‘n man en vrou ook by die hoofkwartier aangemeld waartydens Ntinga geïdentifiseer is. Na bewering het die man saam met Ntinga, wat sy vriend was, na skrootmetal gesoek toe mans in ‘n wit bakkie hulle teen ‘n hoë snelheid genader het. Die vriende het glo in verskillende rigtings laat spaander, maar die vriend kon waar hy skuil, sien hoe Ntinga in die rug geskiet, op die agterkant van die bakkie gelaai en daar met hom weggery word.

Hy is hierna na sy vriend se huis waar hy vir hom gewag het, maar is later deur Ntinga se meisie ingelig ‘n liggaam van ‘n onbekende man wat in die omgewing waar hulle na die skrootmetaal gesoek het, is gevind.

Hulle is na die hoofkwartier waar hulle Ntinga deur middel van ‘n foto uitgeken het.

Bron: Reaction Unit South Africa.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel