TUINROETE. – Daar word steeds gesoek na ‘n seun (8) wat gister in branders by Noetziestrand naby Knysna verdwyn het.
NSRI-Knysna, reddingstuie, reddingswemmers, die polisie en ambulansdienste is ontplooi om na die seun te soek.
Na bewering het die kind saam met vriende geswem en ‘n volwassene het voorgestel hulle moet na die strand terugkeer. Die kind is glo in daardie stadium vermoedelik deur ‘n stroom meegesleur. ‘n Volwasse omstander het probeer om die kind te red, maar hy het onder die water verdwyn.
Duran de Villiers, ‘n plaaslike inwoner, het sy privaat helikopter vir die soektog ingespan.
Ten spyte van die see-en-land-soektog kon die kind nog nie opgespoor word nie.
Die polisie se water- en duikeenhede was op die toneel. Polisieduikers is steeds besig om na die kind te soek.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



