Maak jou tenk vol: Petrol- en dieselpryse gaan middernag skerp styg

Deel hierdie storie / Share this story

LEES OOK: SA het die sewende hoogste vlak van georganiseerde misdaad ter wêreld

Suid-Afrikaanse motoriste het ‘n paar uur om hulle tenke vol te maak voordat hulle met nog ‘n rondte van swaar petrol- en dieselprysverhogings getref word.

Die loodvrye petrolprys (95) sal met R1,14 per liter verhoog word, terwyl 93 met R1,08 gaan styg. Diesel (0,05% swael) sal R1,96 per liter verhoog word, terwyl 0,005% swael ook met R1,96 sal styg, het die departement van minerale hulpbronne en energie aangekondig. Die prys van paraffien sal R1,51 per liter meer kos. Hierdie pryse sal vanaf middernag vanaaand in werking tree.

Suid-Afrikaanse brandstofpryse word hoofsaaklik deur internasionale oliekoste en die rand-dollar-wisselkoers bepaal, aangesien die prys van olie in dollars gemeet word. Die departement het in vandag se verklaring gesê die hoofredes vir die styging is ruoliepryse, wat vanaf $87,78 tot $91,86 opgeskiet het, raffinadery-sluitings in die VSA, wêreldwye dieseltekorte, en die rand se depresiasie teenoor die dollar, vanaf R18,67 tot R19.

Die Outomobielvereniging (AA) het onlangs kommer uitgespreek oor die stygende pryse. “Hierdie verhogings gaan alle verbruikers hard tref, en dit kom op ‘n tydstip dat die meeste Suid-Afrikaners uiterste finansiële druk voel,” lui die AA se verklaring.

#Petrol #Diesel #Verhoging #Pryse #Nuus

Bronne gebruik: News24; TimesLive; Department van minerale hulpbronne en energie se persverklaring (03 Oktober 2023).