KWAZULU-NATAL. – Ses insittendes van ‘n minibustaxi is Saterdag oorlede toe die voertuig op die Stildriftpad in Dannhauser tussen Newcastle en Dundee gerol het.
Chantelle Botha van KwaZulu Private Ambulance Services sê die taxi het vermoedelik beheer verloor en daarna verskeie keer gerol.
Buiten die insittendes wat oorlede is, is twee kritiek beseerde persone en nog agt ernstig beseerdes op die toneel behandel.
Die beseerde persone is vir verdere mediese behandeling na ‘n hospitaal geneem.
Bron: KwaZulu Private Ambulance Services
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



