Rowers steek jong man herhaaldelik

Deel hierdie storie / Share this story

Waarskuwing! Nie vir sensitiewe lesers nie.

KWAZULU-NATAL. – ‘n Jong man (19) is Vrydag herhaaldelik in Umhlanga Rocksrylaan tydens ‘n beweerde roof gesteek.

Reaction Unit South Africa sê die beseerde jong man het erg uit verskeie wonde gebloei waar hy op ‘n sypaadjie gelê het. Na bewering is hy deur vier vermeende rowers oorval wat hom glo gesteek en van waardevolle besittings beroof het.

Die beseerde jong man is deur Netcare 911 op die toneel gestabiliseer voordat hy vir verdere mediese behandeling na ‘n nabygeleë failiteit geneem is.

Bron: Reaction Unit South Africa

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel